

No events at the moment

wie is ons?
Kom beleef, beweeg, behoort!
Beweeg Kerk Bethal is meer as ‘n kerk—ons is ‘n familie. Ons glo dat die Heilige Gees vandag nog lewendig is en beweeg, en dat Hy mense se lewens met krag en liefde verander. Ons staan onbeskaamd op die waarheid van Jesus Christus en glo dat die Bybel die Woord van God is.
Hier gaan jy leer, groei en uitgedaag word, maar meer as enigiets anders gaan jy Jesus ontmoet. Ons is verlief op Hom, volg Hom sonder skaamte en lê ons lewens neer as ‘n daad van liefde.
Kom beweeg saam met ons—in geloof, in waarheid, in liefde.
Alles Beweeg Bethal
DIENSTYE – 09:00 | Sondag
Dis waar ons mekaar kry – as familie.
Jy gaan nie net sit en luister nie; jy gaan opgerig word in waarheid, in liefde, en in die teenwoordigheid van Jesus. Dis regtig kerk soos dit hoort.
KINDERKERK - 09:00 | Sondag
Ons glo nie daar’s ’n “Junior Heilige Gees” nie.
Kinders is deel van die familie en word saam met hulle ouers opgerig. Hulle is welkom in die sessie – ons bou almal saam!
MANWEES
Dis nie net ’n manne byeenkoms nie – dis ’n opgerigte generasie vaders en leiers.
Ons kom bymekaar om hard te bid, reguit te praat, en saam sterk te staan.
Ons bid vir ons families, ons huwelike, ons dorp – en ons los nie tot daar beweging is nie.
Hier’s niks louwarm nie. Ons is manne wat Jesus radikaal volg, wat Sy Woord vat en daarop bou.
Dis gebed. Dis vuur. Dis Manwees.
VROUESEL - 18:30 | Dinsdagaande
Ons wag nie vir dinge om te verander nie – ons bid dit deur.
Elke week kom ons bymekaar – nie net vir gesels nie, maar om oorlog te maak in die gees.
Ons roep die Naam van Jesus oor ons kinders, ons huwelike, ons dorp.
Dis nie ‘n tee-en-beskuit groepie nie – dis ’n weermag van vroue wat beweeg saam met die Heilige Gees.
Ons bid Skrif. Ons staan vas. Ons sien deurbrake.
Dis Vrouesel. Dis vuur.
TIENERS - 18:30 | Vrydagaande | Vanaf Mei
Tieners het ’n plek nodig om sterk te staan en nie alleen te voel nie.
By Beweeg wil ons ’n kultuur van fellowship en oprigting kweek – waar hulle nuwe vriende ontmoet wat saam met hulle Jesus volg.
Dis regtig meer as net ‘n tieneraand – dis ‘n beweging.
HOËRSKOOL - Weekliks
Ons is aktief betrokke in die hoërskool met CSV, praise and worship-aande, koshuis selgroepe en meer, om te verseker dat ons volgende generasie vasstaan op die waarheid van Jesus, onbeskaamd, en leef met ’n passie vir Hom.
wat is gebeur volgende?
Ons is altyd aan die Beweeg…
Familie is besig, en so is ons!
By Beweeg Kerk is daar altyd iets aan die gang. Of dit nou ’n wonderlike diens, ’n praise and worship-aand, of een van ons lekker aktiwiteite is – ons sit nooit stil nie!
God is besig om groot dinge in Bethal te doen, en ons wil hê jy moet deel wees van dit.
Kom sluit aan, bring jou vriende, en wees deel van die familie – daar is altyd plek vir nog een aan ons tafel!
LANGTAFEL
Hoe word ek deel?
Hoe bly ek op hoogte?

ons preke
is op
YouVersion

kies ons as
jou kerk



